
[Slot-episode] Strandloper – Episode 120
25-10-2024 | 13 Min.
Bloubaai hou bruilof, en almal is daar om Bobbi se groot dag te vier. Visstok verras die gaste met sy skielike aankondiging … en dan gebeur die ondenkbare. Die mooiste dag word ʼn verskriklike dag, en die Strandloper het die laaste woord.

Strandloper – Episode 119
24-10-2024 | 10 Min.
Mauritz kry ernstige waarskuwingstekens ná sy jongste duiksessie met die Spaanse besoekers. Oom Fred gaan vir eers sy tasse moet uitpak, en Tannie Ouvrou is byderhand met haar wyshede. Mauritz bring skokkende nuus oor Nicolien.

Strandloper – Episode 118
23-10-2024 | 11 Min.
Tannie Ouvrou is bekommerd oor Mauritz wat steeds nie uitkom ná ʼn duiksessie nie en sake raak ernstig. Intussen word Saterdag se troukoek klaargemaak met al die stories wat met so ʼn spesiale koek gepaard gaan. Die feesvoorlegging kry momentum.

Strandloper – Episode 117
22-10-2024 | 10 Min.
Willie gee vir Oom Fred ontstellende nuus. Die ergste is, dis weer Oom Fred se aartsvyand wat daarvoor verantwoordelik is. Hoe is dit dat hy almal altyd uitoorlê? Daar is ʼn verdrinking wat die dorp skok, en Willie sê vir Dylan wat sy diepste vrees is.

Strandloper – Episode 116
21-10-2024 | 10 Min.
Bobbi se aanpassessie van haar trourok word ʼn heerlike “trip down memory lane” by Tant Betta se huis, wat skielik deur ʼn vreeslike gil onderbreek word. Dylan dreig om Saterdag se troue te ontwrig met sy eie agenda, maar Bobbi gaan niks van sy nonsens duld nie.



Strandloper – ’n vervolgverhaal